Edelvalkers van Standerton gaan van krag tot krag
In die individuele ope-afdeling het Xander Bailey eerste geëindig met 700,18 punte.
Die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het by die Presidentskietdag op Saterdag 19 Februarie op Frankfort presteer.
In die individuele ope-afdeling het Xander Bailey eerste geëindig met 700,18 punte, Stoffel Bester het in die tweede plek ingeskuif met 690,17 punte, terwyl Neil Grabe kort op sy hakke was met 690,12.
Drian Podges het die vierde plek behaal met 690,12, JP van den Berg die sewende plek met 650,11, Helen Ellis die agtste plek met 650,08 en Jako Steenkamp die 10de plek met 620,14.
In spanverband het Edelvalk se Swartwildebeeste oortuigend gewen met 2700,61, gevolg deur die Blesbokke met 2540,40, terwyl die Ribbokke 1840,20 aangeteken het.
’n Wildehond-toekenning is ook in ontvangs geneem.





