68 hengelaars van Standerton vang meer as ’n duisend vis
Danie Human was onoorwonne in die meestersafdeling met 46 vis van 24.260kg.
Meyerville Hengelklub het onlangs ’n naweekkompetisie aangebied waar die vis van die dag aan die swaarste sak modderbek gegaan het.
Altesaam 68 hengelaars, waarvan ses besoekers, het 1 026 vis, ’n gewig van 629.98kg, vasgekap.
Danie Human was onoorwonne in die meestersafdeling met 46 vis van 24.260kg, gevolg deur Koos van Rensburg met 18 vis van 40.240kg en Dougie Douglas met 28 vis van 25.020kg.
Human het die vis van die dag gevang.
Graham Douglas het in die seniorafdeling geseëvier met 54 vis van 45.760kg, gevolg deur Shawn Munro met 65 vis van 31.540kg en Peter Munro met 45 vis van 23.720kg.
Munro het die vis van die dag ingeweeg.
Elain Munro het eerste in die vroue-afdeling geëindig met 33 vis van 33.240kg, Letitia van der Merwe was tweede met 24 vis van 11.100kg en Zandile Radebe derde met 19 vis van 13.160kg.
Van der Merwe het die vis van die dag inkatrol.
Ruan van Zyl het die juniorafdeling gewen met 21 vis van 9.920kg, gevolg deur Germarie Pretorius met 18 vis van 8.200kg en JT Pretorius met ses vis van 5.340kg.
Pretorius het die vis van die dag gevang.
Ty Mortlock was eerste in die penkopafdeling met 10 vis van 2.600kg, gevolg deur Wianco Lottering met sewe vis van 5.380kg en Ricardo van Wyngaard met 10 vis van 2.360kg.
Lottering het die vis van die dag vasgekap.



