Standerton se gholfspelers hou hul spel op peil
Kinnear, Stephen Nortjé, Du Preez, Joré Nortjé en Tertius Brits het elk ’n spog-twee behaal.
Deon Grimsell en Albert Parsons het op Woensdag 23 Februarie die septer geswaai by die nege-putjie- en 18-putjie-kompetisie by die Standerton Buiteklub.
Grimsell het 20 punte aangeteken en Parsons 38.
By die eerste wedywering het Patrizia Lombard tweede geëindig met 20, gevolg deur Donnie Taljaard met 17 en Heino Gouws met 15.
Theuns Adendorff het 14 op die telkaart ingevul, terwyl JT Eksteen, Julene Willemse en Jacques Scholtz elk 13 punte behaal het.
Die agterhoede is gevorm deur Mauritz van Heerden met 10 en JC Schambriel met 9.
Scholtz en Schambriel het albei ’n spog-twee behaal.
By die tweede wedywering het Ronald Kinnear die tweede plek behaal met sy 37 punte, gevolg deur Kobie Coetzee met 35.
Stephen Nortjé, Gert du Preez en Joré Nortjé het elk 34 aangeteken, terwyl Riaan Starbuck en Attie Mouton albei 32 behaal het.
Henk Botha en Wessel van der Merwe het albei 31 punte behaal.
Kinnear, Stephen Nortjé, Du Preez, Joré Nortjé en Tertius Brits het elk ’n spog-twee behaal.
Laerskool Standerton het op Saterdag 26 Februarie ’n geborgde gholfdag aangebied.
Die uitslae sal binnekort gepubliseer word.






