Local sportSport
Edelvalkers van Standerton presteer by Suikerbosrand
Christo Bailey het ’n tweede plek behaal, Jako Steenkamp ’n derde plek en Driaan Podges ’n agtste plek.
Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging se Edelvalk-tak het op Saterdag 5 Maart by Suikerbosrand hul vaardighede opgeskerp.
In spanverband, het die Swartwildebeeste met ’n telling van 2600,40 eerste geëindig en die Blesbokke met ’n telling van 2530,39 derde.
Christo Bailey het ’n tweede plek behaal, Jako Steenkamp ’n derde plek en Driaan Podges ’n agtste plek.
Carla Lues, wat ’n voltelling op die springboktabel geskiet het, was 20ste.
Xander Bailey het by die juniors eerste geëindig.
By die vroue het Lues die eerste plek behaal, terwyl Helen Ellis tweede was.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



