Local sportSportStreeknuus

Pringle is beste by Rayton se rodeo

“Om bo te bly, is in ons natuur.”

Rayton se derde Rodeo het op Saterdag, 5 Maart by Inni-Langras plaasgevind.

Verskeie perderesies soos dromresies en ook ’n paar nuwe speletjies soos koffieresies, hindernisresies en reddingsresies is aangebied.

Sowat 30 perde en 12 bulle het verseker dat die stofwolke staan om elke hoek en draai.

Die wenperd met die meeste eerste plek-rosette was ’n Pinto met die naam Minaloesh.

Ronaldo Pringle was die beste bulruiter. Hy het op Spyker, eiendom van Double B Ranch gewen.

“Ek is dankbaar vir Ricus Ressouw, ’n voormalige SA rodeo-kampioen wat my gehelp het met voorbereiding. My broer JP Pringle, ook ’n oud-Bronkhorstspruiter wat my raad gee.

“Die Grootman daarbo wat my bewaar en beskerm het, maak my opreg dankbaar,” het Pringle laat hoor.

Hy het hard geoefen daarvoor, veral omdat hy homself beloof het dat hy keer op keer sal terugkeer vir daardie agt sekondes.

Die wenbul was Hagar.

Hy is die eiendom van die bekende Liebenberg-familie.

“Ons hoogtepunt is altyd wanneer ons aan die einde van die rodeo een van die nuwe bulle kan koop en huistoe vat as permanente lid van die Rayton Rodeo-span,” het organiseerder, Berta Dorfling, laat hoor.

Wen-bulruiter, Ronaldo Pringle sit vir Spyker ore aan.
Ruben Kruidenier plof grond toe.
Dylan hou vir Hagar vas.
Brendan Ferreira stoei om te bly sit.
Jayden Boshoff maak seker hy bly bo.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button