Edelvalkers van Standerton hou hul oog in
Stoffel Bester het koning gekraai met handwapen-jag en 240,03 aangeteken.
Edelvalkers het op Saterdag 12 Maart mekaar die stryd by die Evert Genis-skietbaan aangesê.
Dié tak van die Suid-Afrikaanse Jagters en Wiuldbewaringsvereniging se skuts het na verskeie tabelle aangelê.
Stoffel Bester het by die springbokteiken 270,06 behaal, gevolg deur JC Schoeman met 260,04, Jacques Dalhouzie met 250,05, Johan Geldenhuys met 240,05 en Iwan Lues met 240, 04.
In die vroue-afdeling was Elri Bester eerste met 230, 03, terwyl Carla Lues tweede was met 210,03 en Helen Ellis derde met 180,00.
Leo Bester het die juniorafdeling gewen met 180,0, gevolg deur Corrie Visagie met 80,02.
Stoffel Bester was ook onoorwonne by die blouwildebeesteiken met 270,04, gevolg deur Geldenhuys met 260,06, Ellis (snr) met 250,05, terwyl Jako Steenkamp en Johan Hepburn albei 250,03 behaal het.
Ellis is in die vroueafdeling gevolg deur Carla Lues met 220,05 en Laurenza Visagie met 190,01.
Leo Bester was eerste in die juniorafdeling met 220,02 en Corrie tweede met 170,02.
Stoffel Bester het weer eens koning gekraai met handwapen-jag en 240,03 aangeteken, gevolg deur Steenkamp met 160,01, Geldenhuys met 100,00 en Schoeman met 80,01.
Bester het ook sy mede-skuts by semi-outomatiese spoed gewen nadat hy 216,02 behaal het.
Geldenhuys was in dié afdeling tweede met 194,05, Corrie (jnr.) derde met 175,04 en Laurenza Visagie vierde met 165,03.





