Local sportSport

Jannie Nichols wen klubkampioenskap op Standerton

Ronald Kinnear moes sy titel van 2021 verdedig.

Jannie Nichols is op Sondag 13 Maart as Standerton se nuwe klubkampioen gekroon.

Nichols se gross van 140 het die knoop deurgehaak nadat hy vier onder baansyfer geëindig het,

Altesaam 34 spelers het by die Standerton Buiteklub die afgelope naweek meegeding.

Ronald Kinnear moes sy titel van 2021 verdedig en het in die A-afdeling ’n netto van 144 aangeteken.

Malan van der Merwe het in die A-afdeling tweede geëindig nadat hy ‘n gross van 150 aangeteken het, gevolg deur Andries Manka met 151.

Nico Lombard het die septer in die B-afdeling geswaai met ‘n gross van 164, gevolg deur Aldo Arnaldi met 167.

Patrizia Lombard was die vrouewenner in die B-afdeling met 181.

Herine van der Merwe het eerste in die C-afdeling geëindig met 69 punte, gevolg deur Ronel Starbuck met 58.

Fanie Botha was onoorwonne in die C-afdeling met 69 punte.

Tydens die prysuitdeling, het Patrizia Lombard die hoofborg, Quantum Energy, bedank asook Vaatjie van Rensburg, wat die finale puntetelling behartig het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button