Local sportSportStreeknuus

Bronkhorstspruit-sibbe met langasems pak nou tweekamp aan

Om in die Gaugteng-span in Gqeberha deel te neem, moet die atlete onder die top ses val met ’n totaal van 1 800 punte.

Bronkhorstspruit se Du Venage-sibbe is langasems wat pryse inpalm.

Hulle is bekend as landloopatlete wat nou ook hul in tweekamp wys.

Dit is dié broers en suster se eerste jaar wat hulle in tweekamp deelneem en hulle verteenwoordig die Gauteng-Noordspan.

Tweekamp behels 800m-hardloop en 100m-swem.

Dié jong atlete moes aan twee Gautengse kompetisies en die interprovinsiale kompetisie deelneem om vir die Biathle Suid-Afrikaanse Kampioenskap op 1 April in Gqeberha (Port Elizabeth) te kwalifiseer.

Pieter du Venage (15) het by die twee Gautengse kompetisies ’n tweede plek behaal en by die interproviniale byeenkoms ’n vierde plek.

Elaina du Venage (12) het vir die Gautengse ligas ’n eerste plek en ’n tweede plek behaal en ’n derde plek by die interprovinsiale kompetisie.

Johan du Venage (10) het ’n negende en ’n derde plek by die Gautengse kompetisies behaal en ’n sewende plek by die interprovinsiale kompetisie.

Om in die Gaugteng-span in Gqeberha deel te neem, moet die atlete onder die top ses val met ’n totaal van 1 800 punte.

Pieter oefen saam met Hoërskool Erasmus en ook saam met sy broer en suster by Bronkhorstspruit Atletiekklub.

“Dit is ’n wonderlike voorreg om op die sportveld by die jeug van ons dorp betrokke te weesen hulle te kan ly en mentor om hulle volle potentiaal te bereik wat Christus Jesus vir hulle daar gestel het.

“Baie dankie aan Frikkie Geyser wat ons help met die programme en Melanie Greeff wat my elke middag bystaan op die veld, ” het afrigter Corné Bruwer gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button