Yard 21 op Bronkhorstspruit neem deel aan wêreldwye kompetisie
Die kompetisie se eerste fase is die ope wat uit drie oefeninge bestaan oor drie weke en drie kanse om punte aan te teken.
Yard 21 het deelgeneem aan ’n wêreldwye kompetisie en het meer as 30 inskrywings gehad.
Die kompetisie het in Verster Park op 25 Februarie afgeskop.
Daar is afrigters van Yard 21 wat uitblink.
Albert van Graan is tans 310ste in Afrika met Pieter Erasmus wat tans 384ste in Afrika is.
Jenevieve Klopper is ook tans 519ste in Afrika.
Crossfit is ’n sport wat in die laaste jare al hoe meer aftrekking geniet.
In Suid-Afrika is daar al meer as 100 geregistreerde Crossfit-gimnasiums beskikbaar, met talle ongeregistreerde sentrums wat dit ook aanbied.
Yard 21 Fitness is een van die oefengroepe.
Jaarliks is daar ’n wêreldwye kompetisie waar elke persoon betrokke by geaffiliëerde sentrums die kans staan om deel te neem en te kyk watter plek hy of sy op die wêreldranglys sal inneem.
Die kompetisie se eerste fase is die ope wat uit drie oefeninge bestaan oor drie weke en drie kanse om punte aan te teken.
Van daar af word die top 10% van elke kontinent se atlete deurgesit na die kwarteindrondes.
So gaan die uitdunningsproses voort tot die top 40 atlete wêreldwyd in Amerika teen mekaar te staan kom.
By Yard 21 is daar tientalle atlete wat ingeskryf het vir die 2022 Nobull Crossfit Ope en elke Vrydag om 17:00 begin hulle om die week se voorgeskrewe oefening te doen.
“Toeskouers is altyd welkom om te kom loer na wat ons aanvang, saam te kom skree en saam ’n eetding te geniet wat te koop aangebied word.
“Kom ervaar die gees en deursettingsvermoë van die atlete,” het ’n lid van Yard 21, Lezinda Henning, laat hoor.






