50 hengelaars van Standerton vang meer as 600 vis
JT Pretorius het eerste in die juniorafdeling geëindig met nege vis van 13,800kg.
Altesaam 50 hengelaars het Meyerville Hengelklub se onlangse naweekkompetisie bygewoon en 632 vis, met ’n gewig van 406,380kg ingeweeg.
Die vis van die dag het aan die swaarste sak karpe gegaan.
Drie besoekers het ook lyn natgemaak.
Dougie Douglas was onoorwonne in die meestersafdeling met 33 vis van 26,880kg, gevolg deur Danie Human met 34 vis van 13,260kg en Carel Lombard met 30 vis van 15,020kg.
Douglas het die vis van die dag gevang.
Graham Douglas was eerste in die seniorafdeling met 48 vis van 34,400kg, terwyl Jurie Moolman tweede was met 42 vis van 24,100kg en Richard Hills derde met 31 vis van 26.860kg.
Douglas het die vis van die dag aan wal gebring.
Elain Munro het die vroue-afdeling verower met met 22 vis van 10,120kg, gevolg deur Ilene Schonken met 18 vis van 5,740kg en Maggie van Loggerenberg met 11 vis van 5,700kg.
Chenique Roelofse het die vis van die dag vasgekap.
JT Pretorius het eerste in die juniorafdeling geëindig met nege vis van 13,800kg en Germarie Pretorius tweede met vyf vis van 1,480kg.
JT het die vis van die dag ingeweeg.
Ty Mortlock het die penkopafdeling gewen met 16 vis van 7,040kg, terwyl HJ van Loggerenberg tweede was met ses vis van 2,680kg en Ricardo van Wyngaard derde met vyf vis van 2,100kg.
HJ het die vis van die dag gevang.



