Local sportSport

Hoërskool Hoogenhout hou nagwedloop op Bethal

Gr.11-leerders bied suksesvolle sportgeleentheid aan.

Hoërskool Hoogenhout se gr. 11-leerders het op Woensdagaand, 9 Maart ’n 80s-nagwedloop by die skool aangebied.

Die wedloop was 10km en die pretloop was 5km.

Kathlego Moloi en Eunice Nhlapo is onderskeidelik die mans- en vrouewenners in die ope-afdeling.

Nhlapo is ook die eerste vrou wat oor die wenstreep gehardloop het in die afdeling vir atlete van 40 jaar en ouer.

Thokozani Mkongwane en Michelle Parks is onderskeidelik die seuns- en dogterswenners in die junior-afdeling.

Sipho Lukhele is die eerste mansatleet in die afdeling vir atlete van 40 jaar en ouer en Greg Scorer was die eerste man in die afdeling vir mans van 50 jaar en ouer en Meintjie Janse was die eerste vrou in die afdeling vir vroue van 50 jaar en ouer.

Johan Makhanya was die vinnigste atleet in die afdeling vir mans van 60 jaar en ouer.

Die organiseerders van die skool het al hul borge en almal wat gehelp het om dié wedloop suksesvol te maak, bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button