Edelvalkers van Standerton stel hul visier op ’n groen baadjie
Blouwildebeeste het eerste met ’n totaal van 2 690, 59 geëindig, gevolg deur Edelvalk Blesbokke met 2 500,45.
Skuts van die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging gaan onverpoosd voort om punte in te samel om die nasionale byeenkoms in Bloemfontein by te woon.
Edelvalkers het by die onlangse Presidentskietdag by die Evert Genis-skietbaan op span- en individuele vlak meegeding.
Agt Edelvalkers het onder die top 20 geëindig en vyf onder die top 10.
Blouwildebeeste het eerste met ’n totaal van 2 690, 59 geëindig, gevolg deur Edelvalk Blesbokke met 2 500,45.
Edelvalk Ribbokke het die negende plek behaal met 1 840,22 en Edelvalk Die Oosgemeente was in die 10de plek met 1 770,14.
Wat die eerste 15 plekke vir die mans betref, was Drian Podges tweede met 680,19 en Stoffel Bester derde met 680,18.
Xander Bailey het vyfde met 670,09 geëindig, asook eerste vir die juniors, Neil Gräbe was in die sesde plek met 660,17 en Jako Steenkamp sewende met 660,13.
Christo Bailey het die 11de plek behaal en Iwan Lues die 15de.
Evert Genis was onoorwonne in die seniorafdeling en Helen Ellis het in die vroue-afdeling ’n tweede plek behaal.




