Perde-eienaars het van heinde en ver gekom om hul perde te vertoon en ruiters was gretig om hul vaardighede te vertoon, veral dié in die perdekarre-afdeling.
Danè Prinsloo het met Olga in toom die enkeltuig vir vroue gewen. (Foto:Verskaf)
Loumies Galant en Blackberry is as die twee top perde op die onlangse Secunda Landbou-skou bekroon.
Die skou het van 31 Maart tot 2 April op die plaas Vlakspruit in die Trichardt-distrik plaasgevind.
Salomi de Beer het Blackberry, ’n skouperd van Balmoral wat as perd van die skou in ope-klasse aangewys is, vertoon.
Loumies Galant, ’n Friesperd wat aan Natasha Smith van Eloff behoort, is as die Friesperd van die skou aangewys. Dané Prinsloo het hom geskou.
Perde-eienaars het van heinde en ver gekom om hul perde te vertoon en ruiters was gretig om hul vaardighede te vertoon, veral dié in die perdekarre-afdeling.
Flip Henning (72) van Ermelo was die oudste deelnemer wat gery het.
Armand, die singende cowboy, het die laaste dag van die skou opgetree en ook sy getuienis gelewer terwyl hy op sy perd se rug gesit het.
Natasha Smit met Ryno. Sy het die reserve kampioen: senior driegang universeel gewen. Ryno is as die kampioen plesierperd aangewys en Smit is as die kampioen ruiter bekroon. (Foto: Verskaf)Manie Bekker met Humphries Galvin in die junior kampioen: driegang-afdeling. Hy het die kampioenskap gewen.Danè Prinsloo het met Olga in toom die enkeltuig vir vroue gewen. (Foto:Verskaf)Sea Shepherd met Ishmael Mathloko van Tonkin-Biering Equestria van Standerton.Sea Shepherd met Ishmael Mathloko van Tonkin-Biering Equestria van Standerton. Sea Shepherd is die wenperd in die afdeling vir kampioen: driegang ryperd.Salomi de Beer op Blackberry wat as die perd van die skou in die ope-klasse aangewys is.Flip Henning (72) van Ermelo is die oudste deelnemer. (Foto: Verskaf)Danè Prinsloo het met Olga in toom die enkeltuig vir vroue gewen. (Foto:Verskaf)Suemari en JP Roarty skou hul perde by die Secunda Lanbouskou.Armand die singende cowboy tree by die Secunda Landbouskou op.Salomi de Beer op Blackberry wat as die perd van die skou in die ope-klasse aangewys is, Dané Prinsloo op Loumies Galant, die Friesperd van die skou. (Foto:Verskaf)Wihan Pretorius met Timbavati in die afdeling vir kampioen: driegang ryperd.Melissa Uys op Regter van Tonkin-Biering Equestria van Standerton. Hulle is tweede in die afdeling vir kampioen: driegang ryperd.Sea Shepherd met Ishmael Mathloko van Tonkin-Biering Equestria van Standerton.Plaaslike kunstenaar, Regis, skilder op die Secunda Landbouskou.Junior Bekker vertoon Whipper in die 0/11-afdeling vir stap en draf. (Foto: Verskaf)Otto Bekker met Jorami Enrico vir eienaar JP Huebsch van Kroonstad. Hulle is die senior kampioen: siertuig. (Foto: Verskaf)
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!