Gholfspelers van Standerton maak seker dat hul vir Saterdae voorberei
Altesaam 18 spelers het die baan aangedurf.
Jaco Sutherland en Janneman Kotzé het op Woensdag 30 Maart onderskeidelik die nege-putjie- en 18-putjie-kragmeting by die Standerton Buiteklub gewen.
Sutherland het 20 punte aangeteken en Kotzé 37.
In die eerste wedywering, was Innocent Dhladhla tweede met 19 punte, gevolg deur Deon Grimsell met 17 punte en Bertus le Roux met 14 punte.
In die tweede kragmeting, het Francois Cronjé tweede geëindig met 35 punte, terwyl Wessel van der Merwe en Louis Gravett albei 34 op die telkaart ingevul het.
Die driestuks van Gerrit Coetzee, Gert du Preez en Nico Lombard het elk 33 punte behaal, terwyl Joré Nortjé en Kobie Coetzee albei 32 aangeteken het.
Joré Nortjé het die IPS-kompetisie op 26 Maart met 41 punte beklink.
Altesaam 18 spelers het die baan aangedurf.
Johan Brink en Sutherland het albei 38 aangeteken, gevolg deur Herman Mynhardt met 35.
Werner Mouton het 32 op die telkaart ingevul, terwyl Theuns Adendorff 31 punte behaal het.
Sowel Fanie Botha as Mark Nortjé, het met 30 punte geëindig, gevolg deur Neville Ritchie met 28.
Die agterhoede is gevorm deur Jacques Scholtz met 22 en Andrew Harper met 21.
Standerton Krieketklub se geborgde dag het op Saterdag 2 April plaasgevind, waarvan die uitslae so gou moontlik gepubliseer sal word.








