Bronkies en Delmas se korfbalspanne durf die yskoue weer aan
In die vroue se A-ligawedstryd, maak Bronkies se vroue skoonskip en behaal ’n allemintige oorwinning van 90–12 teen Delmas Dragons.
Dit was ’n yskoue en sopnat middag, maar die korfbalspanne van Bronkies en die Delmas Dragons het hulle nie deur die weer laat stuit nie.
Die twee spanne het op Saterdag, 9 April op die bane van Laerskool Delmas teen mekaar in die stryd getree.
Beide mans- en vrouespanne, sowel as ’n junior-span het in dié ligawedstryde teen mekaar meegeding.
Bronkies se B-vrouespan het Delmas Dragons 18–12 geklop. In die vroue se A-ligawedstryd, maak Bronkies se vroue skoonskip en behaal ’n allemintige oorwinning van 90–12 teen Delmas Dragons.
Tydens die klipharde wedstryd in die mansliga het Bronkies weer vir Delmas oorheers en 30–12 gewen.
Die junior-spanne het gelykop geëindig.











