Local sportSport

13 hengelaars vang 93 vis by Grootdraaidam op Standerton

Richard Hills het die eerste plek in die seniorafdeling behaal met 17 vis met ’n gewig van 11.860kg.

Meyerville Hengelklub het onlangs ’n kompetisie aangebied waar 13 hengelaars, waarvan twee besoekers, 93 vis vasgekap het.

Die totale gewig het op 59.740kg te staan gekom.

Die vis van die dag het aan die swaarste sak modderbek gegaan.

Dougie Douglas het eerste in die meestersafdeling geëindig met agt vis met ’n gewig van 3.360kg.

Douglas het ook die vis van die dag inkatrol.

Richard Hills het die eerste plek in die seniorafdeling behaal met 17 vis met ’n gewig van 11.860kg, gevolg deur Graham Douglas met 15 vis met ’n gewig van 9.380kg.

Shawn Munro was derde met 16 vis met ’n gewig van 6.520kg.

Douglas het in dié afdeling die vis van die dag ingeweeg.

Issa Pretorius was onoorwonne in die vroue-afdeling met vyf vis met ’n gewig van 2.560kg en het die vis van die dag gevang.

Lourens van Vuuren het die juniorafdeling gewen met een vis met ’n gewig van 0.500kg en het die vis van die dag aan wal gebring.

Ty Mortlock het in die penkopafdeling geseëvier met ses vis met ’n gewig van 2.480kg en die vis van die dag vasgekap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button