Local sportSportStreeknuus

Die balle rol gunstig op Delmas Rolbalklub se baan

Elke Vrydagmiddag word die Delmas Rolbalklub se baan vir belangstellende spelers vanuit die gemeenskap oopgestel.

Delmas vroueliga-span het op Saterdag, 11 April nog bo aan die punteleer gestaan om Ekurhuleni se vroueliga-wenners te wees.

Tydens die mans se ligawedstryd wat op Saterdag, 19 Maart in Delmas plaasgevind het, het dit minder goed gegaan en het hulle op die dag ’n laaste plek behaal.

Karin Peres, die president van Delmas Rolbalklub, het vanaf 7 tot 12 Maart aan die interdistrikte kompetisie in Oos Londen deelgeneem as deel van die Ekurhuleni-distrikspan. “Ons het ’n algehele vyfde plek uit die nege spanne wat deelgeneem het, behaal,” het Karin gesê. “Dit was ’n wonderlike ervaring.”

Plaaslike inwoner Bennie Vorster het ook aan die mans B-ligatoernooi wat in Pietermaritzburg plaasgevind het, deelgeneem.

“Ons klub het deur ’n moeilike tyd gegaan, maar ons het nooit moed opgegee nie. Daar was ook nog die tyd van inperking tydens die Covid-19 pandemie waartydens ons nie kon speel nie,” het Peres gesê.

“Ons klub sê ook baie dankie aan elkeen van ons borge deur die jare. Dankie aan ons besighede wat so getrou en met oop hande ons jaarlikse besigheidsliga ondersteun.”

Volgens Peres het hulle egter verskeie nuwe en belowende spelers bygekry en is hulle opgewonde oor die toekoms van die klub.

Elke Vrydagmiddag word die baan vir belangstellende spelers vanuit die gemeenskap oopgestel. “Ons voorsien die balle en die opleiding en almal is baie welkom om te kom speel. Op hierdie manier kan die mense sien dat rolbal ’n sport vir almal is. Hulle kan van die sport leer en ook leer om dit te geniet. Só het ons dan heelparty nuwe klublede verwelkom.”

Die Delmas Rolbalklub vier dan ook met trots gedurende September hulle 50ste bestaansjaar. “Ons beplan om groot te gaan. Vanaf Vrydag, die 29ste September wil ons reeds begin speel en feesvier.”

Die klub beplan om ongeveer 14 spanne vanuit die gemeenskap bymekaar te bring. Volgens Peres sal elke span onder leiding van ’n klublid deelneem.

“Daar is reeds twee skape aan ons belowe en ons beplan ’n lekker spitbraai en gesellige kuier.”

’n Markiestent is ook reeds gereël vir gesellige buite kuier na afloop van die wedstryde. Daar word beplan om die 50ste verjaarsdagviering op Saterdag, 30 September voort te sit.

Peres alle belangstellende spelers om haar op 082 496 3782 te kontak.

Gerhard van Heerden en Hennie Terblancé kyk die bal agterna.
Johan du Plessis ontvang opleiding aan die hand van Karin Peres.
Gerhard van Heerden en Hennie Terblancé kyk die bal agterna.
Hennie Terblanché weeg sy opsies goed op voordat hy rol.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button