Local sportSport

Arnaldi en Van der Merwe van Standerton wys hulle slag

Lombard, Du Preez (2), Gravett, Mynhardt, Henk Botha en Attie Mouton het ’n spog-twee aangeteken.

Die gebruiklike nege-putjie- en 18-putjie wedywering by die Standerton Buiteklub op Woensdag 13 April het twee wenners opgelewer.

Aldo Arnaldi het koning in eersgenoemde gekraai met ’n telling van 20 punte in die IPS-kompetisie, terwyl Wessel van der Merwe in die tweede wedywering die septer met 44 punte geswaai het.

Johan van Niekerk en Ricus van der Hoven het Arnaldi gevolg met 18 punte elk, terwyl Donnie Taljaard vierde was met 17 punte.

Sowel Johan van Rensburg as Louis Bibbey het 16 aangeteken, gevolg deur Freddie Welmans met 13 en Ben Steyn met 10.

By die 18-putjie-mededinging was Nico Lombard in die tweede plek met 42 punte, gevolg deur Gert du Preez, ook met 42.

Louis Gravett het vierde geëindig met 41, gevolg deur Herman Mynhardt met 38 en Ronald Kinnear met 37.

Sowel Kobie Coetzee as Stephen Nortjé het 36 op die telkaart ingevul, terwyl Francois Cronjé 35 aangeteken het.

Joré Nortjé het in die 10de plek met 34 geëindig.

Lombard, Du Preez (2), Gravett, Mynhardt, Henk Botha en Attie Mouton het ’n spog-twee aangeteken.

By ’n kompetisie hou Aldo Arnaldi ook sy dogter, Ptarizia Lombard dop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button