Kobie Coetzee seëvier by IPS-kompetisie op Standerton
Casper Roux het ook ’n spog-twee behaal.
Kobie Coetzee was op Saterdag 23 April onoorwonne in ’n IPS-kompetisie nadat hy 38 punte aangeteken het.
Altesaam 17 spelers het by die Standerton Buiteklub meegeding.
Ronald Kinnear het tweede met 37 punte geëindig, terwyl Nico Lombard en Theuns Adendorff albei 35 op die telkaart ingevul het.
Die driestuks van Bertus le Roux, Rowan Brink en Gert du Preez het elk 34 punte behaal, terwyl Gerrit Coetzee met 33 geëindig het.
Die agterhoede is gevorm deur Louis Bibbey, Aldo Arnaldi en Casper Roux, wat elk 32 aangeteken het.
Roux het ook ’n spog-twee behaal.
’n Ligakompetisie het voor die IPS plaasgevind.
Die Ou Toppies het Bethal 5-1 geklop, Standerton se Spring Chickens het gelykop teen Morgenzon gespeel en Standerton het Delmas 5-3 geklop.



