Local sportSport

Gerrit Coetzee van Standerton maak Bonus Bogey sy eie

Nico Lombard en sy spanmaat, Francois Cronjé, het op Woensdag 27 April die Betterball Stableford-kompetisie beklink.

Standerton Buiteklub woel behoorlik van al die mededinging op die gholfbaan.

Gerrit Coetzee het op Saterdag 30 April met +3 geseëvier in die Bonus Bogey-kompetisie.

Herman Mynhardt het die tweede plek behaal, ook met +3, gevolg deur Xander Roux met -1.

Deon Grimsell het -2 aangeteken en Joré Nortjé en Jacques Scholtz albei -3.

Johan Janse van Rensburg het -4 op die telkaart ingevul, gevolg deur Casper Roux, Kirsten Nortjé en Aldo Arnaldi, elk met -5.

Mynhardt was onoorwonne in die nege-putjie kragmeting op 29 April met ’n puntetelling van 16.

Mauritz van Heerden se 14 punte het aan hom die tweede plek besorg, gevolg deur JC Schambriel, ook met 14.

Heino Gouws het 13 aangeteken, terwyl André Kichner 12 behaal het.

JT Eksteen het 8 op die telkaart ingevul en Jaden Breytenbach 6.

Nico Lombard en sy spanmaat, Francois Cronjé, het op Woensdag 27 April die Betterball Stableford-kompetisie beklink.

Altesaam 48 gholfspelers het meegeding.

Louis Gravett en Tertius Brits het tweede geëindig, gevolg deur Arnaldi en Patrizia Lombard.

Gouws en Van Heerden het die vierde plek behaal, met Ronald Kinnear en Gert du Preez in vyfde plek.

Johan Griesel en Phillip du Preez was sesde, gevolg deur Kichner en Schambriel.

Coetzee en Ricus van der Hoven het agtste geëindig, terwyl Louis Bibbey en Janneman Kotze negende ingeskuif het.

Joré Nortjé en Kirsten Nortjé was 10de.

Joré Nortjé, Jannie Nichols, Juan Nortjé, Kirsten Nortjé en Johan van Rensburg het elk ’n spog-twee behaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button