Local sportSport

Nel en Bornman is Standerton Rolbalklub se kampioene

Betsie Bornman het op ’n punteverskil as wenner uit die stryd getree.

Rolbalspelers van Standerton het onlangs ’n klubkompetisie gehou.

Dié kompetisie is in ’n Round Robin-formaat beslis, waar die vroue slegs met drie spelers en die mans met vyf meegeding het.

Die vroue het elk twee wedstryde gespeel en aldrie het een gewen.

Betsie Bornman het op ’n punteverskil as wenner uit die stryd getree, gevolg deur Annatjie de Bruto en Salomé Visser.

Standerton Rolbalklub se enkelspel-manswenner was Lanie Nel, wat al sy wedstryde gewen het.

Desmond Visser was in die tweede plek en Marco Oelofsen derde.

 

Betsie Bornman, Annatjie de Bruto en Salomé Visser. (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button