CJ wen tennistoernooi op Secunda met beseerde hand
Jong tennisspelers meet kragte op Secunda.
Tennisspelers van die Hoëveld het op Sondag, 24 April by die Sasol Ontspanningsklub kragte gemeet in die 0/10 Hoëveld Tennistoernooi en CJ Meyer was die wenner onder die seuns in die A-afdeling.
Dié jong tennisspeler het net die vorige dag sy hand oopgesny en steke gekry.
Die afrigter en organiseerder van die toernooi, Annamarie Meyer, het eintlik gesê hy moenie kom speel nie, maar hy het steeds opgedaag en met sy beseerde hand skoonskip gemaak.
Joshua Ellis het tweede geëindig en Armand Joubert derde.
In die B-afdeling, het Aldrich Fourie as die wenner weggestap terwyl HW Meyer tweede geëindig het en Mason Kleingeld derde.
Liane Steyn was die beste 0/10-dogterstennisspeler, Frouwien van der Woude het tweede geëindig en Olivia Adendolf derde.





