Sport

Sasol Rolbalklub Secunda samel geld in vir House of Mercy

Belangstellendes is welkom om te begin rolbal speel.

Lede van die Sasol Rolbalklub Secunda het op Woensdag, 27 April, ’n geldinsamelingsdag vir die House of Mercy Hospies gereël en R41 200 vir dié nie-winsgewende organisasie ingesamel.

House of Mercy spits hulle toe op kankerlyers, maar enige bejaarde wat versorging nodig het, kan ook daar gaan bly.

Lappies Labuschagne, president van die Sasol Rolbalklub Secunda, het gesê hulle het R20 600 ingesamel en een van die spelers wat deelgeneem het, het toe dié bedrag verdubbel met ’n donasie.

Die rolbalklub was versier met pienk ballonne waarop bemoedigende boodskappe geskryf is vir die geliefdes van kankerlyers.

Altesaam 80 spelers van verskeie dorpe in Mpumalanga het aan die dag deelgeneem en dié inisiatief ondersteun.

Labuschagne het hul hoofborg, NTT Nissan Secunda, bedank en gesê baie van die pryse vir die dag is deur NTT Nissan Secunda gereël.

“Bykans elke speler wat deelgeneem het, het ’n prys gewen,” het Labuschagne gesê.

Hy het belangstellendes genooi om by die klub aan te sluit en te begin rolbal speel.

Vir meer inligting, skakel hom by 082 873 4316.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button