Bethal Rugbyklub klop Amsterdam
Belangstellendes kan Bethal Rugbylub gaan ondersteun op Saterdag, 28 Mei.
Bethal Rugbyklub het op Saterdag, 7 Mei geseëvier op hul tuisveld by Hoërskool Hoogenhout deur Amsterdam Rugbyklub met 86–3 te klop.
Shaldon van Niekerk is as die beste voorspeler van die wedstryd aangewys en Tsiliso (Ozzy) Motloung is as die beste agterspeler van die wedstryd aangewys.
Bethal het op Saterdag, 14 Mei met Kriel op Kriel kragte gemeet en met 22–37 verloor.
Jared Gross is dié keer as die beste voorspeler van die wedstryd aangewys en Gerrie Erasmus is as die beste agterspeler van die wedstryd aangewys.
Bethal Rugbyklub meet op Saterdag, 28 Mei, op hul tuisveld kragte met Marble Hall Rugbyklub.
Die wedstryd begin om 15:00 by Hoërskool Hoogenhout en belangstellendes is welkom om dié wedstryd te gaan kyk en Bethal Rugbyklub te ondersteun.




