Local sportSport

Hengelaars se lyne sing by Grootdraaidam

Altesaam 268 vis met ’n gewig van 132,760kg is vasgekap.

Meyerville Hengelklub het onlangs ’n naweekkompetisie aangebied waar 54 hengelaars, waarvan 10 besoekers, lyn natgemaak het.

Die vis van die dag het aan die swaarste sak geelvis gegaan.

Altesaam 268 vis met ’n gewig van 132,760kg is vasgekap.

Dougie Douglas was onoorwonne in die meestersafdeling met 11 vis van 4,800kg, gevolg deur Carel Lombard met nege vis van 3,980kg en Koos Nel met vyf vis van 7,760kg.

Hennie van Loggerenberg het die vis van die dag ingeweeg.

Shawn Munro het in die seniorafdeling geseëvier met 27 vis van 14,360kg, terwyl Richard Hills tweede was met 18 vis van 6,640kg en Graeme Douglas derde met 15 vis van 8,100kg.

Hills het die vis van die dag inkatrol.

Elain Munro het die septer in die vroue-afdeling geswaai met 11 vis van 5,400kg, gevolg deur Marianne Erasmus met agt vis van 2,500kg en Solene du Preez met drie vis van 1,840kg.

Du Preez het die vis van die dag gevang.

George Terreblanche het die juniorafdeling gewen met twee vis van 1,460kg en die vis van die dag vasgekap.

Ty Mortlock het eerste in die penkopafdeling geëindig met sewe vis van 2,540kg, gevolg deur Kaylie van Vuuren met vier vis van 1,060kg en MJ Strydom met een vis van 1,400kg.

Mortlock het die vis van die dag ingeweeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button