Spelers ding mee op Woensdae in IPS-kragmetings by Standerton Buiteklub
Grimsell het weer eens die septer teen agt spelers in die eerste wedywering geswaai.
Gholfspelers se Woensdag-kragmetings by die Standerton Buiteklub gaan op ’n drafstap voort.
Tydens die nege-putjie-wedywering op Woensdag 25 Mei, het Deon Grimsell eerste geëindig met 21 punte.
Donnie Taljaard was tweede met 14 punte, gevolg deur Nick Momberg met 12.
Pieter Bester het 11 punte behaal en Freddie Welmans 4.
Louis Gravett was onoorwonne in die 18-putjie-wedywering met 41 punte, gevolg deur die driestuks van Herman Mynhardt, Gerrit Coetzee en Theuns Adendorff elk met 35.
Mark Nortjé en Nico Lombard het albei 34 op die telkaart ingevul, terwyl Johann van Rensburg 33 aangeteken het.
Stephen Nortjé, Attie Mouton en Wikus Fourie het elk 31 punte behaal.
Mynhardt, Adendorff en Mouton het ’n spog-twee aangeteken.
Spelers het ook op Woensdag 18 Mei meegeding waar Grimsell weer eens die septer teen agt spelers in die eerste wedywering geswaai het, met 21 punte op die telkaart.
Patrizia Lombard se 18 het aan haar die tweede plek besorg, gevolg deur Momberg, ook met 18.
Van Rensburg en Taljaard het albei 16 aangeteken, terwyl Welmans op 14 te staan gekom het.
In die tweede wedywering het Adendorff koning gekraai met 38 punte, gevolg deur Mynhardt met 36.
Gerhard Brits het 34 op die telkaart ingevul, terwyl sowel Wessel van der Merwe as Coetzee 33 behaal het.
Stephen Nortjé het 32 aangeteken, gevolg deur Mouton en Hennie Swanepoel. albei met 31.
Nico Lombard het ook 30 behaal en Ronald Kinnear 29.
Van der Merwe en Stephen Nortjé het albei ’n spog-twee aangeteken.
Albei die kompetisies is in IPS-formaat beslis.




