Local sportSport

Ricus van den Hoven swaai die septer by Standerton Buiteklub se ’sundowner’

Johann van Rensburg se 17 het aan hom die tweede plek besorg.

Standerton Buiteklub se gebruiklike ‘Sundowner’-kompetisie op 27 Mei is in IPS-formaat beslis.

Ricus van den Hoven het as oorwinnaar uit die stryd getree nadat hy 18 punte op die telkaart ingevul het.

Johann van Rensburg se 17 het aan hom die tweede plek besorg, gevolg deur Juan Nortjé, Werner Mouton en Theuns Adendorff wat elk 16 behaal het.

Gerhard Brits het 13 aangeteken, asook ’n spog-twee behaal, terwyl Patrizia Lombard ook 13 aangeteken het.

André Burger het 12 behaal, gevolg deur JC Schambriel met 11 en Attie Mouton met 10.

Francois Cronjé kry op Saterdag 4 Junie ’n paar oefenhoue in.
Mark Nortjé aan die oefen by die Standerton Buiteklub op Saterdag 4 Junie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button