Local sportSport

Wikus Fourie beklink IPS by Standerton Buiteklub

Altesaam 26 gholfspelers het mekaar die stryd by die Standerton Buiteklub aangesê.

Wikus Fourie het op Saterdag 11 Junie eerste geëindig met 42 punte by ’n IPS-kompetisie, asook ’n spog-twee behaal.

Altesaam 26 gholfspelers het mekaar die stryd by die Standerton Buiteklub aangesê.

Elra Lotz het 40 behaal en Theuns Adendorff 38.

Deon Grimsell, Andrew Harper en Tertius Brits het elk 37 op die telkaart ingevul.

Brits het ook ’n spog-twee behaal.

Jannie Nichols, Jabbies Lotz, Phillip du Preez en Kobie Coetzee het elk 36 punte aangeteken, met Du Preez wat ook ’n spog-twee behaal het.

Tydens die onlangse ‘Champ of Champs’ was Patrizia Lombard en Herine van der Merwe albei onoorwonne in hul afdelings.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button