Local sportSport

40 hengelaars van Meyerville-klub bring 70 vis aan wal

Die vis van die dag het aan Dirkie Erasmus gegaan.

Meyerville Hengelklub het op Saterdag 11 Junie ’n kompetisie aangebied waar 40 hengelaars, onder andere drie besoekers, 71 vis met ’n gewig van 41.980kg vasgekap het.

Die vis van die dag het aan die swaarste baber gegaan.

Pikkie Gleeson was onoorwonne in die meestersafdeling met twee vis van 1.040kg, gevolg deur Dougie Douglas met twee vis van 0.660kg en Carel Lombard met een vis van 0.820kg.

Dirkie Erasmus het in die seniorafdeling geseëvier met sewe vis van 7.730kg, gevolg deur Richard Hills met agt vis van 4.000kg en Jimmy Gleeson met sewe vis van 4.160kg.

Die vis van die dag het aan Erasmus gegaan.

Marianne Erasmus het die vroue-afdeling verower met vyf vis van 1.700kg, gevolg deur Maggie van Loggerenberg met drie vis van 1.360kg en Issa Pretorius met een vis van 0.380kg.

Lourens van Vuuren het die juniorafdeling gewen met vyf vis van 3.760kg, gevolg deur Germarie Pretorius met vyf vis van 2.360kg en Ruan van Zyl met een vis van 0.380kg.

Kaylie van Vuuren het in die penkopafdeling deelgeneem en twee vis van 1.020kg aan wal gebring.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button