Local sportSport

Edelvalkers van Standerton hou hul oog op die visier

Neil Gräbe het eerste by die duikertabel geëindig met ’n telling van 43.06.

Die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het onlangs ’n takskietkompetisie by die Evert Genis-skietbaan aangebied.

Skuts het na die duiker-, vlakvark-, leeu- en haelgeweertabel aangelê.

Neil Gräbe het eerste by die duikertabel geëindig met ’n telling van 43.06, terwyl Jaco Booysen en Jako Steenkamp kort op sy hakke was met 43.04.

Bennie van den Heever van Bloemfonteiu het 42.04 behaal en Iwan Lues 42.02.

By die vroue het Carla Lues die eerste plek behaal met 38.05, gevolg deur Elri Bester met 37.04, Helen Ellis met 37.00 en Annatjie Buys met 22.03.

Leo Bester het in die juniorafdeling kon spog met 40.02, Francois Hamman met 38.02 en Carel Bester met 28.03.

Jaco Booysen was onoorwonne in die vlakvarkafdeling met ’n telling van 45.05, gevolg deur Iwan Lues met 44.05.

Willie van Wyk het 43.03 behaal, terwyl Carla Lues 41.03 en Jako Steenkamp 40.02 behaal het.

By die vroue, was Lues eerste, gevolg deur Ellis met 37.04, Elri Bester met 25.03 en Buys met 6.01.

By die juniors het Leo Bester en Carel Bester met onderskeidelik 33.01 en 26.02 geëindig.

Iwan Lues het die septer by die leeutabel geswaai met 23.00, gevolg deur Johan Geldenhuys, Van den Heever en Booysen elk met 22.00.

Geldenhuys het by die haelgeweertabel geseëvier met 17.00, gevolg deur Stoffel Bester met 14.00, Carel Bester met 12.00, Iwan Lues met 6.00 en Van den Heever met 5.00.

 

Edelvalkers in aksie by die Evert Genis-skietbaan. (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button