Brandon Geyser beklink IPS by Standerton Buiteklub
Grimsell, Juan Nortjé, Lombard, Johan Griesel, Jannie Nichols, Herman Mynhardt en Eubus Pretorius het elk ’n spog-twee behaal.
Brandon Geyser het op Saterdag 18 Junie geseëvier by die IPS-kompetisie met ’n telling van 40 punte.
Altesaam 26 spelers het by die Standerton Buiteklub meegeding.
Deon Grimsell het tweede met 36 geëindig, gevolg deur Juan Nortjé en Heino Gouws, albei met 36.
Joré Nortjé het 35 op die telkaart ingevul, terwyl sowel RJ Kinnear as Nico Lombard, 34 aangeteken het.
Innocent Dhladhla en Aldo Arnaldi het albei 32 behaal.
Grimsell, Juan Nortjé, Lombard, Johan Griesel, Jannie Nichols, Herman Mynhardt en Eubus Pretorius het elk ’n spog-twee behaal.
Patrizia Lombard was onoorwonne op Vrydag 17 Junie met 21 punte by die Sundowner-kompetisie.
Wikus Fourie het in die tweede plek geëindig met 20 punte, terwyl Herine van der Merwe en Jaco Sutherland albei 17 punte behaal het.
Johann van Rensburg het 15 op die telkaart ingevul, terwyl Malan van der Merwe en Theuns Adendorff albei 13 behaal het.
Die ‘mid-am’-span het op Saterdag 25 Junie Ermelo met 6.5-1.5 geklop en teen Bethal met 4-4 gelykop gespeel.






