Local sportSportStreeknuus

Cullinan se eerstespan skop liga af met ’n wen

“Ons speel wen-rugby en die atmosfeer by die klub is regtig elektries.”

Cullinan Rugbyklub het op Saterdag, 25 Junie teen Westelikes Rugbyklub te staan gekom en daarmee die tweede ronde van vanjaar se liga begin.

Die tweedespan-wedstryd was intense rugby omdat die twee spanne huidiglik nommer een en twee op die punteleer is.

Cullinan se rugbymanne het baie goed vertoon teen ’n sterk Westelikesspan, maar hulle het nie al die geleenthede gebruik nie en het die wedstryd met 7–20 verloor.

Die tweedespan se Man van die Wedstryd was die binnesenter (nommer 12), Guyve Herbst.

“Ek is baie trots. Ek het vir die spelers ’n klompie uitdagings gestel voor die wedstryde en hoewel die tweedes nie gewen het nie, het hulle steeds by die plan gehou,” het die voorsitter, Willie Nel, vertel.

Cullinan se eerstespan het pragtige hardloop-rugby gespeel en agt drieë gedruk waarvan die kaptein en binnesenter, Markus van Loggerenberg, vyf verdoel het.

Cullinan se vaste fasette en voor- en agterspel het op die dag baie mooi gewerk.

Hulle verdeging was ook op standard, dus kon Westelikes net twee keer die doellyn oorsteek.

Die eindtelling op die telbord het vanself gepraat met 50–14 in Cullinan se guns.

Die Man van die Wedstryd was Markus van Loggerenberg.

“Ons eerstespan bou nou lekker momentum en die feit dat ons nou al vir vier wedsryde na mekaar byna die selfde span kan speel help baie.

“Die spelers ken mekaar goed en speel vir mekaar.

“Ons wedstrydplan word baie mooi uitgevoer. Ons is nie die grootste pak in die liga nie, daarom speel ons teen ’n baie vinnige pas en direkte verdediging,” het Nel bygevoeg.

Tans is daar ’n handvol spelers wat nie speel nie weens beserings, maar die afrigters is tevrede met waar die spanne nou is.

“Daar is nuwe spelers wat by gekom het waaroor ons baie dankbaar is. Ons eerste mikpunt vir die seisoen is om ’n tuis semi finaal te virseker en soos dinge nou lyk is ons op die regte pad. Vanjaar is die klub se 114de bestaansjaar wat ook ’n hoogtepunt is,” het voorsitter, Willie Nel afgesluit.

Cullinan se tweedespan. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button