Local sportSport

Kobie Coetzee swaai die septer in A-afdeling by kompetisie op Standerton

Tertius Brits het die B-afdeling beklink met ’n netto van 70, gevolg deur André Burger en Gerhard Brits, albei met 73.

Kobie Coetzee het op Saterdag 2 Julie in die A-afdeling van die maandelikse kompetisie met ’n netto van 72 geseëvier, gevolg deur Heinrich Burger, ook met 72.

Attie van der Westhuizen en Jannie Nichols het albei 73 aangeteken, gevolg deur Andrew Harper met 74.

Joré Nortjé het 75 op die telkaart ingevul, terwyl RJ Kinnear 76 behaal het.

Ronald Kinnear het 81 behaal en Juan Nortjé 92.

Tertius Brits het die B-afdeling beklink met ’n netto van 70, gevolg deur André Burger en Gerhard Brits, albei met 73.

Johan Brink het 74 aangeteken, terwyl Werner Mouton 77 op die telkaart ingevul het.

Deon Grimsell het 78 behaal en Attie Mouton 81.

Kirsten Nortjé was onoorwonne in die vroue se B-afdeling met ’n netto van 82.

In die C-afdeling het Henk Botha 33 punte aangeteken en Mark Nortjé 31.

Nick Momberg het 30 behaal, terwyl Jacques Nel 29 en Jacques Scholtz 28 behaal het.

RJ Kinnear, Tertius Brits en Attie Mouton het elk ’n spog-twee behaal.

Deon Grimsell ding op Saterdag 9 Julie by ’n IPS-kompetisie mee.
Francois Cronjé in aksie op Saterdag 9 Julie.
Aldo Arnaldi hou die bal stip dop.

Related Articles

Back to top button