Local sportSport

30 hengelaars van Meyerville Hengelklub op Standerton vang 118 vis

Shawn Munro het eerste in die seniorafdeling geëindig met 20 vis van 10.460kg.

Meyerville Hengelklub het die afgelope naweek ’n kompetisie aangebied waar 30 hengelaars, waarvan een besoeker, 118 vis, met ’n gewig van 61.840kg vasgekap het.

Koos Nel was onoorwonne in die meestersafdeling met nege vis van 8.960kg, gevolg deur Danie Human met sewe vis van 2.660kg en Peet Erasmus met ses vis van 2.620kg.

Nel het die swaarste sak vis ingeweeg.

Shawn Munro het eerste in die seniorafdeling geëindig met 20 vis van 10.460kg, terwyl Richard Hills tweede was met nege vis van 3.940kg en Jurie Moolman derde met agt vis van 3.240kg.

Munro het die swaarste sak vis aan wal gebring.

Louisa Nel het die vroue-afdeling gewen met agt vis van 3.360kg, gevolg deur Elain Munro met vyf vis van 3.180kg en Marianne Erasmus met drie vis van 1.520kg.

Nel het die swaarste sak vis inkatrol.

Germarie Pretorius het die juniorafdeling beklink met een vis van 0.340kg en dus die swaarste sak vis aan wal gebring.

HJ van Loggerenberg het in die penkopafdeling geseëvier met twee vis van 1.340kg, gevolg deur Ty Mortlock met twee vis van 0.620kg.

HJ het die swaarste sak vis aan wal gebring.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button