Local sportSportStreeknuus

Bapsfontein se Eva behaal ’n sesde plek met haar danstalent in Blackpool, Verenigde Koninkryk

Uit eie geledere het die 13-jarige Evagelenah Zoe Karagiannis, beter bekend as Eva, inwoner van Bapsfontein, Suid-Afrika in die Ope Ondersteuningskampioenskap tydens die gesogte Liverpool Winter Garden in Blackpool, Verenigde Koninkryk verteenwoordig.

Dit was ’n kompetisie waaraan dansers vanoor die wêreld deelgeneem het.

Daar het in totaal 60 deelnemers van Suid-Afrika aan die kompetisie deelgeneem.

Uit eie geledere het die 13-jarige Evagelenah Zoe Karagiannis, beter bekend as Eva, inwoner van Bapsfontein, Suid-Afrika in die Ope Ondersteuningskampioenskap tydens die gesogte Liverpool Winter Garden in Blackpool, Verenigde Koninkryk verteenwoordig. Die kompetisie het vanaf 24 tot 28 Junie plaasgevind.

Eva het ’n algehele sesde plek in die 0/14-solo-afdeling in die wêreld vrystyl-kampioenskap behaal.

Volgens Eva se ma, Melissa Maritz, was die kompetisie nie sonder uitdagings nie.

“Ons visums was laat, ons het dit eers Woensdag, 22 Junie ontvang en Donderdag, 23 Junie het ons gevlieg.

“Ons het Vrydagmiddag, 24 Junie in Manchester geland en toe dadelik ’n trein na Blackpool geneem.”

’n Moeë, maar trotse en tevrede ma en dogter was op 4 Julie weer terug op eie bodem in Suid-Afrika.

Volgens Eva, is sy trots op haarself en dit wat sy in die kompetisie bereik het.

“Dit was ’n eer om my land te verteenwoordig,” het Eva gesê.

“Ek is baie nou ook meer gemotiveerd en opgewonde oor dit wat die nuwe dansjaar inhou.”

Eva se ma het op haar beurt gesê dat sy trots is op haar dogter.

’n Trotse Eva Karaggianis tydens die danskompetisie in Blackpool in die Verenigde Koninkryk. (Foto: Verskaf)

“Die hele ervaring en dit wat Eva bereik het, is steeds onwerklik. Ek en Eva maak ’n sterk span.

“Eva het geweldig baie geleer en ons sal dit altyd koester,” het Melissa gesê.

Soos berig in Streeknuus (1 April) het Eva van ’n vroeë ouderdom af gewys dat daar ritme en ’n gevoel vir dans in die klein lyfie is.

“Ek het haar toe op sewejarige ouderdom by die Dynamic Dance Studio in Benoni ingeskryf,” het Eva se ma toe gesê.

Eva is tans ’n gr.8-leerdeer en maak gebruik van tuisonderrig deur die Teneo Skool.

“Dans is bly ’n passie wat ek voluit leef,” het Eva gesê.

“Ek wil ’n rolmodel wees en ander help om in hulself te glo en te weet dat hulle tot enige iets in staat is.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button