Local newsLocal sportSport

Mustangs-rugbyspan sluit seuns van Secunda, Bethal, Standerton, Delmas en Middelburg in

Rugbyspelers ontvang nuwe klere.

Die Mustangs-rugbyspan wat meestal uit o.19-spelers vanaf Secunda, Delmas, Middelburg en Standerton bestaan, het op 25 Junie vir oulaas saam geoefen voor hulle toer.

Dié span het op 27 Junie na Vanderbijlpark vertrek waar hulle in die Prestige Rhino Rugbyweek deelgeneem het.

Die Mustangs rugbyspan is reeds in Februarie gekies en is een van 10 rugbyspanne wat by die rugbyweek gaan speel.

Hul afrigter, Cobus van Rooyen, het gesê dit was ’n suksesvolle toer vir die Mustangs en vier van hul spelers is gekies om die Rhinos-rugbyspan in Ierland te gaan verteenwoordig.

Dié spelers is Henko Meyer van Hoërskool Hoogenhout, Alex van Wyk van Hoërskool Secunda, Blessing Shabangu van Hoërskool Delmas en Richard Bezuidenhout van Hoërskool Kanonkop op Middelburg.

Nog ’n Mustangs-speler, JP Dumas van Hoërskool Oosterland, het ’n beurs vanaf UXI gekry.


LEES OOK: Cullinan tackles Correctional Services

LEES OOK: GALERY: Sasol Grip & Rip en Bethal Buffels pak mekaar




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button