Local newsSport

Tiener van Bethal blink uit op rugbyveld

Jong rugbyspeler reis binnekort na Thailand.

Damian de Beer (16), ’n leerder aan Hoërskool Hoogenhout, is gekies om deel te wees van die ‘Dream Team’ wat in Desember aan die wêreld skole fees-rugbytoernooi in Thailand gaan deelneem.

Vir die ‘Dream Team’ is die beste rugbyspeler vir elke posisie vanuit 16 skole gekies tydens die Hansie Rugbyweek wat vroeër vanjaar in Naboomspruit plaasgevind het.

Horn se ouers moet R46 000 opdok vir sy toer na Thailand en het reeds bykans R30 000 deur ondernemings wat hom borg, ingesamel.

Dié jong rugbyspeler speel ook vir sy skool se o16A-rugbyspan en hy draf ook elke jaar vir die Pumas-rugbyspan op die veld uit.


Die twee boeties, Damian en Loghan de Beer, blink albei uit op die sportveld.

Hy speel al rugby vandat hy kan onthou en sy eerste ernstige wedstryde was toe hy Rammetjie Rugby gespeel het.

Hy blink ook uit op die krieketveld en speel nie net vir sy skool se krieketspan nie, maar hy speel ook LPL krieket in Johannesburg. As hy nou moet kies tussen krieket en rugby sal dit beslis rugby wees.

“Krieket was altyd my gunstelingsport, maar nou is dit rugby,” het Damian gesê.

Hy het ook aan atletiek deelgeneem en goed gevaar in die 200m en vérspring, maar hy het dit nou gelos om meer op sy rugby en krieket te fokus.


LEES OOK: More than 50 participants at Standerton parkrun


Soms gaan dit so rof dat hy die Saterdagoggend vir sy skool se rugbyspan ’n wedstryd speel en dan direk daarna in Johannesburg sommer twee krieketwedstryde gaan speel en die Sondag weer ’n krieketwedstryd.

Damian het, net nadat hy gehoor het hy is vir die ‘Dream Team’ wat Thailand toe gaan gekies, gehoor hy is ook vir die rugby-toerspan wat later vanjaar Frankryk toe gaan, gekies.

“Dit was vir hom moeilik, want hy sou graag eerder Frankryk toe wou gaan, maar toe het ons reeds ja gesê vir Thailand,” het sy ma, Samantha de Beer gesê.

Damian is nie die enigste een wat sy ouers besig hou nie, sy jonger boetie, Loghan (12), het vanjaar in die o.13-rugbyspan vir die Cravenweek gespeel.

Hy speel ook LPL krieket in Johannesburg en hy blink ook op die atletiekveld uit en was vanjaar na die Suid-Afrikaanse Atletiekkamioenskap toe waar hy aan gewigstoot deelgeneem het.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button