Local sport

Gholf by Standerton Buiteklub vier hoogty

RJ Kinnear het op 22 Julie by die nege-putjie-kragmeting met 21 punte geseëvier.

Die nege-putjie- en 18-putjie-wedywering by die Standerton Buiteklub op Woensdag 27 Julie het onderskeidelik vir Patrizia Lombard en Theuns Adendorff as wenners opgelewer.

Lombard het 19 en Adendorff 43 punte aangeteken.

Nick Momberg was in die eerste kragmeting tweede met 16, gevolg deur Deon Grimsell met 11 en Donnie Taljaard met 9.

Gerrit Coetzee het in die tweede kragmeting tweede geëindig met 38 punte, terwyl Johan van Niekerk ook 38 behaal het.

Joré Nortjé onlangs in aksie by die Standerton Buiteklub.

Gert du Preez het 37 op die telkaart ingevul, gevolg deur Louis Gravett met 36 en Ronald Kinnear met 35.

Joré Nortjé, Wessel van der Merwe en Nico Lombard het elk 33 aangeteken, met Henk Botha op 32.

Nico Lombard het ’n spog-twee behaal.

RJ Kinnear het op 22 Julie by die nege-putjie-kragmeting met 21 punte geseëvier.

Neville Ritchie kry op Vrydag 29 Julie ’n paar oefnhoue in terwyl hy tussendeur JC Ritchie se spel by die kampioenskap op St. Andrews volg.

Gravett se 17 het aan hom die tweede plek besorg, gevolg deur die driestuks van Adendorff, Patrizia Lombard en Ronald Kinnear wat elk 16 punte aangteken het.

Alanda Vienings het met 6 punte geëindig.

Altesaam 33 spelers het op Saterdag 23 Julie meegeding.

Tydens die IPS-kompetisie het Kobie Coetzee die septer geswaai nadat hy 42 punte op die telkaart ingevul het.

Nico Lombard het tweede met 41 geëindig en ook die boerpot gewen, terwyl sowel Herman Mynhardt, as Hennie Swanepoel, 39 aangeteken het.

Gravett het 38 behaal en ’n spog-twee aangeteken, gevolg deur Rowan Brink, ook met 38.

Casper Roux en Ronald Kinnear het albei met 37 geëindig, terwyl Jacques Nel en Ronel Starbuck elk 36 aangeteken het.

Ander spelers wat ’n spog-twee behaal het is Patrizia Lombard, Stephen Nortjé, Johan Brink en Wikus Fourie.

Neville Ritchie kry op Vrydag 29 Julie ’n paar oefnhoue in terwyl hy tussendeur JC Ritchie se spel by die kampioenskap op St. Andrews volg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button