Local sport

Stoffel Bester van Standerton is ’n kampioen

Altesaam 50 spanne, bestaande uit 200 skuts, het op 19 en 20 Augustus in Bloemfontein mekaar die stryd aangesê.

Die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het ’n kampioen opgelewer.

Stoffel Bester het individueel eerste by die nasionale kompetisie geëindig.

Edelvalk se A-span het ook die kampioenskap gewen en al drie die spanne wat ingeskryf het, het onder die top 20 klaargemaak.

Altesaam 50 spanne, bestaande uit 200 skuts, het op 19 en 20 Augustus mekaar in Bloemfontein die stryd aangesê.

Spanskiet het die Vrydag plaasgevind en individuele skiet die daaropvolgende dag.

By die Swartwildebeeste-teiken het Bester, Drian Podges, Xander Bailey en Jako Steenkamp skoonskip gemaak en die eerste plek behaal.

By die Ribbokke-teiken het JC Schoeman, Jacques Dalhouzie, Helen Ellis en Carla Lues die 13de plek behaal.

By die Blesbokke-teiken het Christo Bailey, Neil Gräbe, Jaco Booysen en Iwan Lues op die 17de plek te staan gekom.

Die individuele skutuitslag is soos volg: Podges was sesde, Christo Bailey 10de, Jaco Booysen 20ste, Xander Bailey 29ste, Gräbe 61ste, Schoeman 93ste, Jaco Booysen (jnr) 125ste, Steenkamp 125ste, Ellis 132ste, Carla Lues 137ste, Corrie Visagie 165ste en Evert Genis 169ste.

Stoffel Bester dra hier van sy vaardighede by ’n kompetisie oor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button