Hoërskool Secunda is Noordvaal-kampioene
’n Video-boodskap van Jimmy Stonehouse, die hoofafrigter van die Pumas, in die week voor die eindstryd, het die provinsie se ondersteuning aan die skool bewys.
Hoërskool Secunda se rugbyspanne het vanjaar in die Bowl-afdeling van die Noordvaal-toernooi geseëvier.
Hul eerstespan, die 0/16-span en die 0/15s het hul westryde in die bowl-eindstryd wat op 27 Augustus op Secunda beslis is, gewen.
’n Video-boodskap van Jimmy Stonehouse, die hoofafrigter van die Pumas, in die week voor die eindstryd, het die provinsie se ondersteuning aan die skool bewys.
Die eerstes het Die Anker net-net in ’n naelbytwedstryd met 18–17 geklop.
Luan Lottering is as die Speler van die Wedstryd aamgewys.
Hy sal vir lank onthou word as Secunda se held.

Die span se afrigters is JJ Hennop, George Matfield en Tiaan Moore.
Die 0/16-span het vir Hoërskool Wesvalia 18-8 geklop.
Stefan Bezuidenhout het sy span gelei soos net ’n kaptein kan, terwyl Ryan Erasmus, wat as die Speler van die Wedstryd aangewys is. nie op hom laat wag het nie en sommer vinnig punte op die tel bord gesit het.
Steven Steyn en Jaco Kleynhans het die span afgerig.
Hoërskool Secunda se 0/15s het Pietersburg se span ore aangesit en die wedstryd gemaklik met 24–0 gewen.
Zander van der Merwe is as Speler van die Wedstryd aangewys.
Die afrigters was Lucas Meiring, Arnold Meiring, Rickus Laas en Marius van der Linde.




