Local sport

Nortjé swaai septer by Standerton Buiteklub

H het met met 17 punte oor nege putjies punte geëindig.

Mark Nortjé het op 31 Januarie die septer oor nege putjies geswaai en met 17 punte geëindig.

Nick Momberg was tweede in dié IPS-kompetisie by die Standerton Buiteklub, terwyl Neville Ritchie derde was met 14.

Donnie Taljaard, Freddie Welmans en Lourens van der Sandt het 12 aangeteken, gevolg deur Bernard Swart met 10 en Gerrit Nel met 9.

Vivian Seager hou die sake op 3 Februarie haarfyn dop.

Patrizia Lombard het die pas oor 18 putjies aangegee en 37 op die telkaart ingevul,terwyl Wian Starbuck en Nico Lombard albei met 36 huiswaarts gekeer het.

Riaan Starbuck het 35 aangeteken, gevolg deur Janneman Kotze en Werndly Eksteen wat albei met 32 geëindig het.

Damian Brink, Stephen Nortjé, Louis Gravett en Gerhard Brits het elk 31 op die telkaart ingevul.

Riaan Starbuck, Nortjé en Gravett het elk ’n spog-twee behaal.

Nick Momberg op 3 Februarie in aksie by die buiteklub.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button