Local sportStreeknuus

Delmas krieketklub verrys uit die as

Tyrone Greyling het vier paaltjies vir 51 lopies ingepalm en was na afloop van die wedstryd ook as speler van die wedstryd aangewys.

Na etlike droë jare van krieket op Delmas het die klub weer opgestaan en word groot dinge beplan.
Die nuut gestigde Delmas Krieketklub se bestuur bestaan uit die kaptein, Tyrone Greyling, onder kaptein, Alex Gamble met Clifford Gerber as tesourier.
Media en bemarking word deur Gerhard Schoeman behartig en Kobus Naudé is verantwoordelike vir borge terwyl René Schoeman die klubwedstryde tellings aanteken.
Die krieketklub het gedurende Augustus weer begin oefen en het reeds in September aan hul eerste T20-liga deelgeneem.
Vanjaar het ook op ‘n hoë noot afgespring met ’n eerste 40 boulbeurt ligawedstryd teen die span van SJC Royals.
Die klub van Delmas het met 179 lopies gewen.
Tyrone Greyling het vier paaltjies vir 51 lopies ingepalm en was na afloop van die wedstryd ook as die speler van die wedstryd aangewys.
Gerhard Schoeman het alle belangstellende spelers genooi om saam te oefen.
“Enige iemand vanaf die ouderdom 16 is welkom.”
Die klub oefentye is elke Dinsdag en Vrydag vanaf 16:00 tot 19:00 by Hoërskool Delmas se krieketnette.
“Ondersteun ons span op 9 Februarie. Dit beloof om ’n opwindende wedstryd te wees wanneer ons teen die RR School of Cricket van Middelburg te staan kom,” het Schoeman gesê.
“Die sporthek by die Delmas Hoërskool Delmas open reeds om 08:00 en toegang is gratis.”
Belangstellende spelers kan Greyling op 082 460 8220 of René Schoeman by 066 273 0992 vir meer inligting skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button