
Cullinan rugby-ondersteuners kan hul regmaak vir ’n aksiebelaaide wedstryd wanneer die Cullinan Rugbyklub op 15 Februarie hul eerste vriendskaplike wedstryd vir die seisoen speel.
Die span draf op hul tuisveld uit teen Loskop. Die wedstryd skop om 15:30 af.
Die span het die afgelope week hard geoefen om seker te maak hulle is gereed vir hierdie opwindende stryd.
Die wedstryd teen Loskop dien as ‘n belangrike voorbereiding vir die komende rugbyseisoen en bied aan spelers die kans om hul vaardighede en spanwerk op die veld te slyp.
Verversings sal te koop wees en daar sal vermaak wees vir die hele gesin.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



