Local sportStreeknuus

Delmas klop RR School of Cricket op eie bodem

Na afloop van die opwindende en spanningsvolle wedstryd was Francois Blignaut as speler van die wedstryd aangekondig.

Delmas krieketspan het op 9 Februarie die span van The RR School of Cricket van Middelburg met 39 lopies geklop.

Die wedstryd het op die krieketveld van Hoërskool Delmas plaasgevind.

Nadat Delmas die voordeel uit die opskiet van die munstuk getrek het, het die span besluit om eerste te kolf.
Francois Blignaut kon daarin slaag om 41 lopies vir 44 balle te maak. Kabous Naudé het 75 lopies vanaf 55 balle aangeteken, nie uit nie.

Delmas het na 34.1 boulbeurte op ’n telling van 195/10 gestaan.

Volgens die tellinghouer, René Schoeman, was dit nie ’n maklike wen nie.

“Die kolwers van RR het die span van Delmas op hul tone gehou,” het sy laat hoor.

Na 33.3 boulbeurte en met ’n telling van 156/10 het Delmas geseëvier.

Spelers wat hulle goed van hul taak gekwyt het, was Francois Blignaut, Alex Gamble en Tyrone Greyling.
Blignaut is as speler van die wedstryd aangekondig.

Die span se volgende wedstryd vind op 15 Februarie in Middelburg teen die Middelburg Rebels plaas.

Die klub nooi belangstellende spelers vanaf 16 jaar om by hulle aan te sluit.

“Kom word deel van die nuut gestigde Delmas Krieketklub; ons beplan om groot te gaan, maar het jou as speler nodig,” het die kaptein, Tyrone Greyling gesê.

Vir meer inligting kan René Schoeman op 066 273 0992 geskakel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button