EntertainmentLifestyle

Wheels on Meals wen met biltongpotjie

Die organiseerders het die borge, karwagte, beoordelaars en gemeenskap vir hulle bydrae en ondersteuning bedank.

BETHAL – Lede van Meals on Wheels het met hul biltongpot as die wenners van die jaarlikse potjiekoskompetisie weggestap.

Arrow-boerdery het ’n tweede plek met hulle skaap- en rooibokpot verwerf en die Tafelronde was derde met hul skaapskenkselpot.

Me. Michelle Viljoen, DA- raadslid, en mnr. Ruan van der Merwe bied jaarliks die kompetisie aan om geld vir minderbevoorregtes in te samel.

Vanjaar het die boeremark bygekom waartydens uitstallers hulle goedere kon uitstal.

Me. Viljoen en mnr. Van der Merwe gaan met die geld wat hulle ingesamel het, kos vir die behoeftiges koop of dit aan ’n organisasie skenk.

Die organiseerders het die borge, karwagte, beoordelaars en gemeenskap vir hulle bydrae en ondersteuning bedank.

Volgens mnr. Hennie Rademeyer, inwoner, het die kompetisie sedert verlede jaar gegroei en was meer mense vanjaar betrokke.

“Ons beplan nog ’n groter kompetisie volgende jaar,” het me. Viljoen gesê.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button