EntertainmentLifestyle

Dorothea slaan ‘n nuwe blaadjie om

Haar moeder, Sannie Smit, was in vervoering en kon nie glo dit is haar dogter nie.

Dorothea van der Merwe is tot in die afgrond bederf tydens ‘n oormaaksessie by die Aprilvergadering van die VLU se Vaalriviertak.

Die tak het hulle eie lokaal waar al hulle werksessies, vergaderings en aktiwiteite gehou word, maar vir dié geleentheid is Dorothea na ‘n salon vergesel, waar die oormaaksessie plaasgevind het.

Elke lid moes haar naam op ‘n papiertjie skryf en die voorsitter, Gerda Büter, het die voorreg gehad om die gelukkige kaartjienaam uit ‘n hoed te haal. Die VLU se vergadering het rustig voortgegaan, verversings is geniet en lede het angstig gewag op die voorkomsverandering.

Intussen is Levy Daniel, erelid, met ‘n 65-jaar lidmaatskaptoekenning vereer en planne is bespreek vir 2016 se Hoëveldkonferensie wat op Standerton plaasvind.

Uiteindelik het ‘n stralende Dorothea in die deur gestaan. Marinta Verster van Instyle salon het daarvoor gesorg dat haar hare geknip, gekleur en in ‘n moderne styl omskep is.

Kunstige grimering is aangewend, die naels is geverf en Dorothea het gespog met nuwe uitrusting, skoene, handsak, juwele en selfs ‘n grimeersakkie met haar eie, nuwe grimering daarin.

Haar moeder, Sannie Smit, was in vervoering en kon nie glo dit is haar dogter nie.

Dié mooimaaksessie is deur taklede geborg.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button