EntertainmentLifestyle

Secunda juig saam met Radio Raps

Jonathan van Radio Raps wou nog altyd ’n komediant geword het.

SECUNDA – Jonathan van Radio Raps wou nog altyd ’n komediant geword het.

Hy het Vrydag, 3 Julie by Graceland opgetree en mense laat skater van die lag.

Hy het opnames op sy selfoon gemaak en dit deur middel van Whatsapp vir sy vriende gestuur.

Sy vriende het dit op hul beurt aangestuur en só het die opnames landwyd versprei.

In ’n kroeg het ’n man hom genader en gevra of hy al die grappies gehoor het.

Hy het Jonathan se eie opnames vir hom teruggespeel, maar wou nie glo dat dit Jonathan se stem of opnames was nie.

Dit het Radio Raps laat besluit om video-opnames te begin maak.

Jonathan het tans sy eie Facebookblad, asook YouTube-kanaal.

Sy eerste DVD, Life 101, is tans beskikbaar en hy beplan om ’n tweede een vry te stel.

* Trek soos Radio Raps aan, wys jou beste nabootsing en jy kan ’n getekende DVD van Life 101 wen.

Stuur jou foto na editor@echoridge.co.za.

Die sluitingsdatum is 24 Julie om 12nm.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button