EntertainmentLifestyle

Beryl Browning motiveer vroue

Me. Beryl Browning inspireer vroue op 'n unieke manier.

Beryl Browning het vroue op ‘n unieke manier geïnspireer.

Me. Browning se bediening het in 1980 begin.

Die Here het haar in Maart opdrag gegee om die vroue van Secunda toe te spreek.

Haar fokus was van die begin af om vroue te bedien en te motiveer.

Me. Browning het besef dat mans nie meer soos die koning van die huis voel nie en dat vroue weer bewus gemaak moet word daarvan.

Sy glo dat vroue weer hulle koppe moet optel en nie net na hulself kyk nie, maar na hulle mans ook.

Vroue moet uitvind wie God hulle gemaak het om te wees.

“Ek praat slegs oor dit wat ek eerstehands beleef het, nie wat ek gehoor of gelees het nie.”

Me. Browing glo dat dit absoluut ‘n voorreg is om die Here se stem te kan hoor en dat die dag nie sonder God sou kon plaasvind nie.

Sy het twee boeke geskryf, Van Toiings en Sonder Vyeblare wat vroue ook kan help om uit te vind wie hulle is.

Me. Adelene Steyn en me. Michelle Lindeque, organiseerders van die dag, het me. Browning, Avalon Day Spa, Madison’s’ Restaurant Graceland, Rootz Day Spa Graceland, Graceland Casino, Split Ends, Cathrine van Strikkies en Drukkies, Maryna Lombard van Cazabella, Liesl Posthumus van Costume Jewellery, JL’s vir die verhuring van die tafelversierings asook elkeen wat die geleentheid ondersteun en bygewoon het, bedank.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button