EntertainmentLifestyle

Suid-Afrika se ergste droogte in 20 jaar

Laai André se liedjie af en help om die droogte te beveg.

Suid Afrika ondervind tans een van die ergste droogtes en die ernstigste natuurramp van die afgelope 20 jaar.

Dit is ’n natuurlike ramp wat die landbougemeenskap behoorlik ruk.

Dit het ’n beduidende negatiewe ekonomiese impak op die volhoubaarheid van baie boere, sowel as plaaswerkers en hul families.

Die domino-effek het ook ’n direkte impak op die beskikbaarheid van korttermyn kos vir gemeenskappe.

“Weens die erns van die situasie, het ons besluit om by verskeie pogings betrokke te raak om alle mense te help,” het Omri van Zyl, hoofuitvoerende beampte van Agri SA, gesê.

“Die koste van die ramp kan R20 miljard bereik.”

André Venter, talentvolle musikant en sakeman, het by Agri SA se pogings aangesluit.

Hy is ’n voormalige lid van die sanggroep Romanz en was ook ’n aanbieder op die Kyknet program “Jam”.

André het ’n liedjie, “Ons vra U vir Reën” met ’n boodskap van hoop geskryf.

Die lied sal oor sosiale media met ’n versoek vir ’n R20-donasie per aflaai, vrygestel word.

Alle opbrengste sal aan die Droogte Ramp Fonds wat deur Agri SA bestuur, geskenk word.

Die lied kan gekoop en afgelaai word op jou slimfoon, tablet of rekenaar deur die MITracks.fm app ( www.mitracks.fm ).

MITracks.fm geskenkbewyse kan gekoop word vir die MITracks app (IOS & Android) by Pep Stores , Shoprite en Checkers-winkels landwyd.

Alternatief kan jy die app gebruik in samewerking met jou kredietkaart van die aankoop van die liedjie deur EFT.

Ons vra U vir Reën:

Die aarde roep uit haar moed is gebreek

Sy is reeds op haar knieë want die droogte word meer

Ons veld en ons vee is dor en verweer

Ons dors nou na water wat lewe kan gee

Koor:

Hou vas aan jou lande

Hou vas aan jou grond

Hou vas aan die heer se woord

Wat die uitkoms beloof

Kom ons vat tesaam hande

Kom ons kniel voor U neer

Heer ons vra uit ons harte

Ons vra U vir reen

Met trane en sweet kan die hoop nooit beskaam

Staan vas in geloof en bly glo daar is ’n kans

Jou lande sal groen word

Jou vee sal weer wei

Riviere sal oorloop

Want reën sal ons kry

Hou vas en bly glo

Kyk op na die hemel en kyk wat gebeur

Hou vas en bly glo

Kyk op na die Hemel

Die sluise gaan oopskeur

Koor:

Hou vas aan jou lande

Hou vas aan jou grond

Hou vas aan die heer se woord

Wat die uitkoms beloof

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

WhatsApp – 0793644185

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button