Nathan ‘n plek aangebied in eindronde van Solus vir Christus
Die eindronde word volgende jaar in Pretoria aangebied en Nathan besluit nog watter twee liedere hy gaan sing.

Nathan Vienings (16) het in Oktober saam met me. Anke Holtzhauzen, onderwyser by Laerskool Kalie de Haas, die mikrofoon gevat en gesing as ‘n guns nadat die bespreekte sanger nie die opname wat Kyknet Nou van Kalie Klitsies Kleuterskool kom maak het, kon bywoon nie.
Groot was die verrassing toe hy van die verhoog afstap en die laaste opening in die eindronde vir Solus vir Christus aangebied word wat groot pryse en geleenthede op die spel het.
Die eindronde word volgende jaar in Pretoria aangebied en Nathan besluit nog watter twee liedere hy gaan sing.

In die eindronde word daar van hulle verwag om een lied in Engels en een in Afrikaans te sing, albei moet geestelike liedere wees soos die een wat hy en me. Holtzhausen by Kalie Klitsies gesing het naamlik “By Your Side” van Tenth Avenue North.
Nathan is op Newcastle gebore en is die oudste van twee seuns gebore uit die huwelik van mnr. Mark en me. Alanda Vienings.
Hy was self ‘n Kalie Klitsie voor hy sy laerskoolloopbaan voltooi het waar hy aan rugby, tennis, hokkie, atletiek, skaak en koor deelgeneem het.
Lees meer oor Nathan in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.



